Die beste stoettelers in die Vrystaat het op Woensdag, 21 Februarie 2018, erkenning gekry by Logix se jaarlikse Vrystaat Elite Vleisbeesinligtingsdag, wat by Reynekepark in Bloemfontein gehou is.

Stoettelers in die Oos-Vrystaat wat brons toekennings ontvang het, is prof Michu Heyns, Nico Steyn, Henry Wales, Zippo Lamprecht, Danie Botha, Theo van Zyl, Willem Scholtz, Chris Nel en Kiewiet van Jaarsveld.

Brons toekennings vir die Wes-Vrystaat is oorhandig aan Issie Liebenberg, Lexie Gradwell, Marietjie Bezuidenhout, SP Naudé, dr Pierre van Rooyen, Frikkie Lombaard, Willie Venter, Elmien Willemse, AB Muller, Daleen Potgieter, Toks Liebenberg en Casper Kriel.

Persone in die Oos-Vrystaat wat silwer toekennings ontvang het, is Marisa de Bruyn, Daniel Martens, Dan Bunette, Marthie Campher, Gert Botha, JD Froneman, Johan Boshoff, Henk Delport, Thomas Heath, Theo van Zyl en Analea van Niekerk.

Stoettelers in die Wes-Vrystaat wat silwer toekennings ontvang het, is Tokkie Cronjé, Johan Oosthuizen, JS Nel, Paul Mare, Eduard Roux, SJ van Jaarsveld, Martin Wiplinger, Carel Gutter, Colleen Jacobs, Frikkie Kruger, dr Jan de Wet, RC Malherbe, Hansie Muller, Chris Bredell, Carel Nel, Fanie van Dyk, John-Paul Theunissen, Johan Daffue, Theuns Vlotman, Stoffel Bergh en Toks Liebenberg.

Stoettelers in die Oos-Vrystaat wat goue toekennings ontvang het, is Andre Breytenbach, Riana Geldenhuys, Daan Viljoen, Neels de Villiers, Marie Nel, Gerrit van Zyl, Marisa de Bruyn en Freddie Wasserfall.

Goue toekennings vir stoettelers in die Wes-Vrystaat is oorhandig aan WH van Zyl, Deode Wilson, Jan Pienaar, Pieter Booysen, Laurence Allem, Izak Cronjé, Schalk van der Merwe, JM Steyn, Fannie du Toit, Gawie Roux, Wilhelm Oosthuizen, Boetie Hattingh en Enrico Cronjé.

Twee telers het platinum toekennings ontvang, naamlik Phillip Barnard van die Mequatling Angusstoet in die Oos-Vrystaat en Wilhelmus van der Schyff van die Schyff Beefmasterstoet in die Wes-Vrystaat. Hulle dring deur na die nasionale rondte. – Brent Jammer en André Ferreira