‘n Besigheidsplan is in enige bedryf uiters belangrik – net so ook in ’n boerderybesigheid. In Woensdag se program van RSG Landbou praat Nico Groenewald van Standard Bank oor die belangrikheid van besigheidsplanne en hoe dit moet lyk. Luister nou na hierdie onderhoud.

Voltan Senekal van Villa Crop Protection vertel wie en wat Villa Crop is en daarna volg ‘n baie interessante gesprek oor presies wat die doeltreffende toediening van chemiese middels op landbougewasse behels. Luister nou na hierdie onderhoude.

Die program sluit af met ‘n gesprek oor die wetgewing wat miltsiekte onder vee reguleer. Dr Trudie Prinsloo van LegalVet brei meer uit hieroor. Luister nou na hierdie onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.