Die landbou-omgewing word gekenmerk deur heelwat entrepreneurs wat unieke bydraes maak. Lise Roberts van RSG Landbou het onlangs die 2019 SA Kaasfees in Sandringham, Stellenbosch, besoek. Tydens die feesgeleentheid het sy verskeie interessante uitstallers en kennisse raakgeloop – onder andere vir Elsabé Visser wat vertel hoe droëvrugte gemaak word. Daar is ook ‘n gesprek met Delia du Preez van Ginger Love oor hoe gemmer, knoffel en suurlemoen met groot welslae gebruik kan word. Jason Sandell van Las Paletas-roomys vertel ook waarom hulle in 2017 asook in 2018 aangewys as die beste roomys op ‘n stokkie in Suid-Afrika, tydens die SA Suiwelkampioenskappe. Luister nou na dié onderhoude

.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.