ENVARTO Varkkarkaskompetisie @NAMPO/ALFA 2020

384

AANDAG ALLE VARKPRODUSENTE IN SUID-AFRIKA!

U word hiermee uitgenooi om varke in te skryf vir vanjaar se ENVARTO Varkkarkaskompetisie ondersteun deur SAMIC.

‘n Gefokusde varkproduksieprogram word oor die bestek van ‘n week aan ‘n gefokusde gehoor aangebied, met ‘Die bevordering van varkvleis’ as die tema.

Wat behels hierdie program?

NAMPO ALFA werk saam met Agri Gauteng, SAMIC en SAVPO om hierdie jaar se varkvleisprogram in ‘n aanlynformaat moontlik te maak. Die program bestaan uit:

  • ‘n Karkaskompetisie;
  • ‘n Varkvleiswebinaar; en
  • Die uitrol van ‘n varkboerderyprogram by landbouskole. 

Die geleenthede word op Agri Gauteng se Agri-kanaal, ondersteun deur DigiTV, uitgesaai. Dit geskied in dieselfde week as SAMIC se nasionale prysuitdeling, wat ook varkbedryfswenners insluit. Hierdie uitsendings sal op die DigiAgri-platform asook die NAMPO ALFA-webblad beskikbaar wees.

Doel van hierdie kompetisie

  • Om varkvleis onder Suid-Afrikaanse verbruikers te bevorder.
  • Om die karkasgehalte van Suid-Afrikaanse varke te verbeter deur middel van kundiges se terugvoer aan telers.

Inskrywings

Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.envarto.co.za. Vir enige navrae, skakel Lené van der Walt by 060 542 1769.

Die kompetisie

  • Die varkbedryf asook genetikamaatskappye se kliënte word aangemoedig om in te skryf.
  • Karkasse word in drie klasse beoordeel:
  • Wenkarkas (enkel).
  • Beste groep van vier.
  • Supervark (karkas wat swaarder is as maksimum gewig, maar steeds goeie punte behaal het).

ENVARTO Varkkarkaskompetisie-dagboek

Die ENVARTO Varkkarkaskompetisie word op grond van SAMIC-reëls beoordeel.
(Laai die SAMIC-beoordelingshandleiding hier)

Ons gaan verseker dat die eerste aanbieding van
NAMPO ALFA 2020 as aanlyn geleentheid, iets besonders
gaan wees. Wees deel daarvan!

Wie is Envarto?

Dr Hannes Viljoen

ENVARTO bied innoverende wetenskaplike oplossings vir die veevoedingsbedryf. Dr Hannes Viljoen is ‘n bekende in veevoerkringe en staan aan die hoof van ‘n span deskundiges met bewese ondervinding in die bedryf. ENVARTO het ten doel om met natuurlike en volhoubare oplossings, diereproduksie te optimaliseer.

Envarto is ‘n trotse besigheidsvennoot van CHR Hansen, die vooraanstaande internasionale leier in die ontwikkeling en verskaffing van probiotika en ander voedingsverwante middele in die mens en dierebedrywe. Hierdie verhouding stel ons in staat om uitstekende produkte en dienste te lewer, gegrond op ‘n sterk biowetenskaplike fondasie gekombineer met uitgebreide navorsing.

CHR Hansen produseer die beste innoverende bakteriese oplossings vir pluimvee, varke, beeste en kuilvoer vanuit die wêreld se grootste kommersiële bank van bakteriese stamme. Hierdie steeds groeiende reeks van probiotikas en kuilvoerinokulante stel ons kliënte in staat om hoë-gehalte, volhoubare en veilige voedsel te produseer.