Die opwindende 2020 ENVARTO Varkkarkaskompetisie, ondersteun deur SAMIC, is so te sê afgehandel. Belangstellendes word genooi om die varkvleiswebinaar en die aankondiging van die wenners op 30 Oktober by te woon. Die webinaar is deel van Nampo ALFA 2020 se virtuele program en word op Vrydag, 30 Oktober om 14:00 uitgesaai. Belangstellendes kan by hierdie skakel registreer vir deelname: https://digitv.co.za/my-org/#/my-home.

Dr Hannes Viljoen, besturende direkteur van ENVARTO, vertel meer.

Webinaarprogram

  • Aankondiging van wenners.
  • Aanbieding: Sustainable pig production is more than just a gut feeling – Dr Hannes Viljoen en Etienne Biddulph, Envarto (Edms) Bpk.
  • Aanbieding: Does the modern pig satisfy the modern consumer? – Prof Phillip Strydom, Universiteit van Stellenbosch.

Wie is Envarto?

ENVARTO bied innoverende wetenskaplike oplossings vir die veevoedingsbedryf met die doel om met natuurlike en volhoubare oplossings, diereproduksie te optimaliseer. Envarto is ‘n trotse besigheidsvennoot van CHR Hansen, die vooraanstaande internasionale leier in die ontwikkeling en verskaffing van probiotika en ander voedingsverwante middele in die mens en dierebedrywe. Hierdie verhouding stel ons in staat om uitstekende produkte en dienste te lewer, gegrond op ‘n sterk biowetenskaplike fondasie gekombineer met uitgebreide navorsing.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur ENVARTO. We turn pigs into bacon. What is your speciality?