Die storting van hoendervleis het ‘n uiters negatiewe uitwerking op die plaaslike hoenderbedryf. Een van die organisasies wat onverpoos veg teen onbillike handel, is FairPlay. Die stigter van die organisasie, Francois Baird, gesels in RSG Landbou van Donderdag oor die storting van goedkoop hoendervleis in Suid-Afrika en wat hulle doen om die probleem aan te spreek. Luister nou na dié onderhoud.

Insekte as ‘n alternatiewe bron van proteïen, word al hoe gewilder onder Westerlinge. Lise Roberts gesels met Jean Louwrens van Gourmet Grubb, Suid-Afrika se heel eerste insekrestaurant. Luister nou na dié interessante onderhoud.

Dr Julia Mulabisana van die Landbounavorsingsraad vertel op haar beurt oor die navorsing wat die LNR doen oor virusse in groentegewasse. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.