Die oppervlakte- en finale produksieskatting van wintergewasse vir die 2019 produksieseisoen, is pas deur die Nasionale Oesskattingskomitee vrygestel.

Koring

Die verwagte koring-oes is onveranderd gelaat op 1,502 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 2,78 t/ha is. Verwagte produksie in die Wes-Kaap is 633 750 ton (42%), in die Vrystaat 313 600 ton (21%) en in die Noord-Kaap 262 500 ton (17%). Die beraamde oppervlakte geplant in die Wes-Kaap is 325 000ha of 60%, in die Vrystaat is dit 128 000ha of 24% en in die Noord-Kaap 37 500ha of 7%.

Moutgars

Die produksieskatting vir moutgars is ook onveranderd gelaat op 345 080 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 131 960ha, terwyl die verwagte opbrengs 2,62 ton/ha beloop.

Kanola

Die verwagte kanola-oes is 96 200 ton, terwyl die oppervlakteskatting 74 000ha is, met ʼn verwagte opbrengs van 1,30 ton/ha.

Hawer

Die oppervlakteskatting vir hawer (ontbytgraan) vir die 2019-seisoen is 21 000ha en die verwagte oes is 15 540 ton. Die verwagte opbrengs is 0,74 ton/ha.

Neem kennis dat die 2020 voorneme om wintergewasse te plant, op 29 April 2020 vrygestel sal word. – Persverklaring, Nasionale Oesskattingskomitee