Die finaliste in die jaarlikse Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is pas aangewys na ’n uitgebreide nasionale monsternemings- en -ontledingsproses. Die kompetisie is vanjaar vir die sesde keer aangebied en is een van die vlagskipprojekte in die Plaas Media-stal. Die kompetisie word deur die maatskappy se mediaplatforms, Veeplaas, Stockfarm, Grootplaas, RSG Landbou en www.agriorbit.com, asook sy jaarlikse ekspo, ALFA, ondersteun.

Vanjaar se kompetisie-inskrywings was die meeste nog, met ’n totaal van 89 kuilvoerbunkers en/of silosakke op 72 plase wat in drie kategorieë – mieliekuilvoer, voersorghumkuilvoer en hawerkuilvoer – ingeskryf is. Die monsterneming en data-insameling is deur die Universiteit van die Vrystaat hanteer en die laboratorium-ontledings is deur Labworld gedoen. Die uitslae is deur prof Robin Meeske van die Outeniqua-navorsingsplaas en voorsitter van die kompetisie se protokolkomitee, nagegaan en geverifieer.

Finaliste

Die wenners in die drie kategorieë sal op 19 September tydens ALFA 2019 aangewys word, wanneer die kompetisie oudergewoonte afsluit met ’n konferensie waartydens die uitslae en data bespreek sal word. Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkoning sal dieselfde aand tydens die ALFA-dinee aangewys word.

Die finaliste in vanjaar se kompetisie, in geen spesifieke volgorde nie, is:

Kategorie: Mielies
  • Kameeldrift (Pty) Ltd, Bossie Pretorius
  • MD Foundation, Stefan Pretorius
  • Westend Landgoed, Werner le Roux       
  • C Nel Boerdery, Corrie Nel
  • Limpopo Dairy, Joubert Fourie
  • PD Hauff & Son (Rockfontein Farm), Matthew Beauclerk
  • JH Neethling Boerdery, Neels Neethling 
  • Jacobsdal Dairy, James Sutherland
  • Just Milk, Steve Moss
  • Simpson & Son, St John Simpson
Kategorie: Hawer
  • Duiker Boerdery, Gert van Dyk
  • De Draay, Awie Erasmus
  • Kluitjieskraal, Arno Schoonwinkel
  • Droëvlei Boerdery, Coenie Basson
  • Dasvlei, Johan Mostert
Kategorie: Voersorghum
  • JCM Farming, Cliff Milton            
  • Hurwitz Farming, Jarren Hurwitz (twee inskrywings onder finaliste)

Vanjaar se finaliste is ingeskryf deur Kemin, Afgri Veevoere, Nutribase, Budissa, Meadow Feeds, Pannar, Leading Edge, Barnlab, Greenstar Contracting, TWK en een individuele inskrywing, Limpopo Dairy. Die kompetisie was besonder straf en behalwe vir die hoër aantal inskrywings, was die puntetoekenning deur die bank ook hoër as verlede jaar. Daar was ook talle inskrywings van vorige deelnemers wat die kompetisie jaar in en jaar uit ondersteun.

Die kompetisie se naamborg is Santam Landbou en vanjaar se prysborge is Pannar, Strapping & Profile en Nutribase.

Hou die pers dop vir verdere inligting rondom vanjaar se wenners en hulle welslae. Die wenners sal op Plaas Media se platforms aangekondig word.

Navrae

Lynette Louw by 084 580 5120 of epos lynette@plaasmedia.co.za of Richardt Venter by 083 590 3014 of epos richardt@agsci.co.za