King Price fokus nie meer net op dinge soos voertuig- en huisinhoudversekering nie. Deesdae bied dié versekeringsreus ook gespesialiseerde dekking vir boere se voertuie, implemente en eiendom. Ons kyk in 16 Mei se aflewering van Grootplaas na ‘n insetsel hieroor.

Daarna kuier ‘n bekende gesig, Frans van Eden, weer by ons in die ateljee. Hy gesels oor ‘n nuwe gonswoord in die finansiële bedryf, en vertel waarom boere hierdie tipe beleggings moet oorweeg. 

Inhoudsborg: King Price

Weerborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: BASF

Kalenderborg: SWAVET

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas