Ons gesels geveerde sake in 12 Februarie 2019 se aflewering van Grootplaas. ‘n Bekende gesig op die kassie, Mike Bolhuis, is nie net ‘n kampvegter teen misdaad nie, maar ook vir diereregte. Hy het  onlangs ingegryp toe derduisende flaminkkuikens by die byna-opgedroogte Kamfersdam in Kimberley gered is. ‘n Klomp van hierdie kuikens word nou by Bolhuis se huis versorg, en hy vertel ons meer hieroor. Daarna kuier Izaak Breitenbach van die braaikuikenorganisasie by ons in die ateljee, om ons op hoogte van dié bedryf te bring.

Markteborg: Hinterland

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here