Die wolmark het hierdie week effens laer gesluit en 4,2% gedaal om teen R162,54/kg te sluit. Die aanbod het uit 12 816 bale met ’n algehele verkoopspersentasie van 95,5% bestaan. Die aanbod het hoofsaaklik 20 mikron en fyner wol met ’n kombinasie van medium- en langwol bevat. Wol wat volhoubaar geproduseer is, het 23% van die Merino-wolaanbod uitgemaak.

Read it in English

Fyner langwol het goeie mededinging ontlok, veral gesertifiseerde wol wat goeie pryse behaal het. Die mark is afwaarts gedwing deur die swakker prestasie van die sterker wol. Die rand het 1,6% sterker teenoor die Amerikaanse dollar verhandel, wat daartoe gelei het dat die mark 2,7% in Amerikaanse dollar terme gedaal het. Die Australiese mark was wisselvallig en het 0,5% laer in Australiese dollar terme teenoor verlede week gesluit.

Gemiddelde pryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron daal met 2,6% en sluit teen R214,42/kg.
  • 18,5 mikron neem met 3,4% af en sluit teen R194,24/kg.
  • 19 mikron verlaag met 2,3% en sluit teen R184,33/kg.
  • 19,5 mikron verswak met 3,2% en sluit teen R172,27/kg.
  • 20 mikron is 5,8% af en sluit teen R158,27/kg.
  • 20,5 mikron is 5,5% swakker en sluit teen R152,28/kg.
  • 21 mikron verlangsaam met 6% en sluit teen R148,86/kg.
  • 21,5 mikron het 6,1% afgeneem en sluit teen R145,11/kg.
  • 22 mikron daal 7,4% en sluit teen R136,08/kg.
  • 22,5 mikron is 2,1% swakker en sluit teen R138,12/kg.

Die volgende veiling is vir 10 Februarie 2021 geskeduleer, waar sowat 7 127 bale aangebied sal word. – Press release, Cape Wools