Navorsing oor genetika speel ‘n al hoe groter rol in landbou. In Donderdag se RSG Landbou gesels Koos du Pisanie met dr Michael Bradfield van Breedplan SA, oor die invloed van genetika op beeskuddes in Suid-Afrika. Koos praat ook met Louis de Jager oor hoe ‘n mens ‘n groentetuin kan aanlê vir meer selfonderhoudendheid. Daar is ook ‘n gesprek met Adam Olivier van FieldNet oor hoe telemetrie en besproeiingstelsels werk. Christo van der Rheede van Agri SA vertel wat Agri SA tans doen om droogteverligting te bring. Luister nou dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.