Dinsdagoggend om 04:30 is Lise Roberts weer op haar pos in RSG Landbou. Die program skop af met Joubert Fourie. Hy is ’n bekende melkboer in die noorde van die land en hy gesels met Hennie Maas oor hoefsorg by melkkuddes. Luister nou na hierdie onderhoud.

Vind meer uit oor die Soutpansberg Bonsmaras-produksieveiling wat binnekort gaan plaasvind. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna, is daar ‘n bydrae van ons verslaggewer in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie. Hy het met prof LJ Grobler gesels oor die knelpunte waarmee landbou deesdae te doen het, veral Eskom, terwyl Fanie de Lange op sy beurt gesels oor die bestuur van grondwater. Luister nou na hierdie onderhoude.

Ons sluit die program af met dr Japie van der Westhuizen van SA Stamboek. Hy gee terugvoer oor diere-aantekeningsake wat tydens die onlangse ICAR-kongres in Praag aangeroer is. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.