Ghaapseberg Boerbokgroepveiling lok groot belangstelling

829
Dié ram het die hoogste prys behaal op die Ghaapseberg Boerbokgroepveiling. Van links is die verkoper, Wiep Joubert, en die koper Markus Fourie.

Die Ghaapseberg Boerbokgroep het op 11 Maart 2020 by die Vryburg Skougronde hul 12de produksieveiling met groot sukses aangebied. Uit die groot belangstelling en bywoning, was dit duidelik dat hierdie groep al wyd en ver bekend is vir die uitstaande gehalte diere wat hulle aanbied.

Veilinguitslae

  • Hoogste prys ram: R32 000 (Verkoper: Wiep Joubert. Koper: Markus Fourie, Vryburg.) verkoop.
  • Gemiddeld prys stoetramme: R12 115 
  • Gemiddeld pryse stoetooie: R4 375
  • Gemiddeld prys kudderamme: R7 727
  • Gemiddeld prys kuddeooie: R3 155

Aangebied deur: Noordkaap Lewendehawe Vryburg

Afslaer: Theuns Visser