Die jaarlikse Kalahari Red-veiling is op 24 Februarie 2018 by die Conrad Herbst Kleinveesentrum gehou. Die pryse wat op die veiling betaal is, bewys dat die aanvraag na dié ras groot is. Kopers het van heinde en ver gekom, en die veiling is veral baie sterk ondersteun deur kopers van Zimbabwe en Botswana. Josef Kleynhans van Dhidejak Boerbokke en Kalahari Reds, wat vir beide ramme en ooie die hoogste prys behaal het, het ook ’n besonderse ooi geskenk ten bate van die Rachelle van der Merwe Mediese Hulpfonds.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys stoetram: R55 000
  • Gemiddelde prys stoetramme: R22 555
  • Hoogste prys stoetooi: R22 000
  • Gemiddelde prys stoetooie: R8 039

Aangebied deur: CDP Afslaers

Afslaer: Corne du Plessis