Die trekkerverkope van 789 eenhede in Oktober is aansienlik (37%) meer as die 575 eenhede wat verlede Oktober verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 5% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.  

In Oktober is 26 stropereenhede verkoop wat aansienlik meer as die elf eenhede is wat verlede Oktober verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou 25% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Somer- en wintergewasse floreer

Dié volgehoue tendens in hoër verkope weerspieël die positiewe sentiment in die mark. Goeie oeste is in die meerderheid van die somergewasgebiede ingebring. Wintergewasse floreer in die meeste gebiede, veral in die westelike dele van die Kaap.  

Weervooruitsigte vir die komende somer in somerreënvalgebiede, lyk ook bemoedigend. Algehele ramings vir die 2020-kalenderjaar lyk beslis nou beter, met verkope teen soortgelyke of hoër vlakke as in 2019. Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie

Klik hier om September se trekkerverkopeverslag te besigtig.

The South African Agricultural Machinery Association (SAAMA) is the official body representing new agricultural machinery manufacturers, importers and builders. SAAMA was founded in 1985. As the official body, SAAMA serves as a combined forum for the agricultural machinery industry in South Africa in which the interests of its members and agriculture as a whole are addressed, promoted and developed.

SAAMA promotes and co-ordinates the collection, processing and publication of agricultural machinery industry statistics.

The SAAMA technical working group focuses on providing direction and support for practical compliance to existing and new legislation which may affect members and their customers.

PRESS RELEASE -