Trekkerverkope van 529 eenhede in September vanjaar is byna 23% meer as die 431 eenhede wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou vyf eenhede meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

In September is elf stropers verkoop, wat een eenheid minder is as wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope tans 16% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Goeie verkope te danke aan marksentiment

September se uitstekende trekkerverkope weerspieël die positiewe sentiment wat op die oomblik in die mark heers. Dan is goeie oeste in die meeste somergewasstreke ingebring, met wintergewasse wat ook in die meeste gebiede, veral in die westelike dele van die Kaap, goed lyk.  

Weervooruitsigte vir die komende somergewasseisoen in die somerreënvalstreke lyk bemoedigend.

Hoewel die voorraad van ouer toerusting teen laer pryse tans grootliks uitgeput is, lyk vooruitsigte vir die verkope van toerusting vir die res van die jaar steeds positief. Algehele ramings vir die 2020-kalenderjaar lyk beslis beter, en verkope sal na verwagting waarskynlik teen soortgelyke vlakke as in 2019 wees. – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie

Klik hier om Augustus se trekkerverkopeverslag te besigtig.

The South African Agricultural Machinery Association (SAAMA) is the official body representing new agricultural machinery manufacturers, importers and builders. SAAMA was founded in 1985. As the official body, SAAMA serves as a combined forum for the agricultural machinery industry in South Africa in which the interests of its members and agriculture as a whole are addressed, promoted and developed.

SAAMA promotes and co-ordinates the collection, processing and publication of agricultural machinery industry statistics.

The SAAMA technical working group focuses on providing direction and support for practical compliance to existing and new legislation which may affect members and their customers.

PRESS RELEASE -