Goeie verkope by Greenstone Kalahari Reds-produksieveiling

831
Die duurste ram het R32 000 behaal. Die koper was OV Mazibuka. Van links is Corné du Plessis, afslaer, Cobus Meyer Jr., Carl, OV Mazibuka van Randburg, Charlotte-May, Cobus Meyer Sr. en Christiaan.

Greenstone Kalahari Reds en hul medeverkoper, Bonisa Reds, het op 21 Maart hul produksieveiling aangebied by Bona Bona-veilingskrale tussen Wolmaransstad en Klerksdorp. Top gehalte Kalahari Reds is aangebied en kopers het van oral oor kom koop. Goeie pryse is behaal en al die diere is uitverkoop.

Die duurste ooi het R9 500 behaal. Die koper was afwesig en wil graag anoniem bly. Van links is pa en seun, Cobus Meyer Jr. en Cobus Meyer Sr., en Corné du Plessis, die afslaer.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys stoetram: R32 000
  • Gemiddelde prys stoetramme: R22 750
  • Hoogste prys kudderam: R14 000
  • Gemiddelde prys kudderamme: R7 500
  • Hoogste prys dragtige stoetooi: R9 500

Aangebied deur: CdP Afslaers

Afslaer: Corné du Plessis