Die Syngenta Graan-akademie het in 2013, danksy Jannie de Villiers en Graan Suid-Afrika, hulle eerste program aangebied. Dis nie net gemik op graanprodusente nie, maar op enige persoon wat ‘n verskil wil maak. RSG Landbou het verlede week ‘n unieke reünie van die akademie en sy deelnemers bygewoon, en daar met verskeie mense gesels om uit te vind watter impak die program op hulle lewe en werk het. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna gesels Ben Bamberger, meganiese bemarker by Obaro, oor populêre implemente en trekkers. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.