Versoeke vir die implementering van ‘n sojaboon area-differensiaal is deur rolspelers by die JSE ingedien. Die advieskomitee van die JSE het as gevolg hiervan op 13 Augustus 2018, ‘n werkswinkel rakende die kwessie aangebied en oopgestel vir alle rolspelers in die bedryf. Graan SA hoofbestuurslede, personeel en produsente-lede het aan die debat deelgeneem aangesien die Graan SA jaarkongres in Maart besluit het om nie ‘n area-differensiaal op sojabone te steun nie. Dr Dirk Strydom van Graan SA gesels op RSG Landbou hieroor en gee terugvoer oor die huidige stand van sake. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.