Die somergraan-plantseisoen is om die draai en in Woensdag se RSG Landbou gee Corné Louw, ‘n senior ekonoom by Graan SA, ‘n paar wenke. Hy verduidelik veral waarna produsente moet oplet wanneer hulle insette aankoop en gebruik. Luister nou na dié onderhoud.

Die spanbestuurder van die Oos-Kaapse Jeugskou-span, Amour Strydom, gesels oor hul prestasies by die pas-afgelope Old Mutual Agri Insure Nasionale Jeugskoukampioenskap wat op Vryburg plaasgevind het. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna vertel dr Vicki Tolmay van die Landbounavorsingsraad op Bethlehem, oor die legio beroepsgeleenthede wat in die landbounavorsingsveld bestaan. Luister nou na dié onderhoud.

Rangie Pretorius het tydens ALFA meer uitgebrei oor die skaaphonde. Luister nou na dié onderhoud.

Yolandé Roodt sluit die program af met die nuutste wolmarkverslag. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Nutri Feeds

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.