Bernard Rabe van Fochville is een van die twee finaliste in vanjaar se Syngenta/Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. In Donderdag se RSG Landbou gesels Lise Roberts met hom oor sy boerdery. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Bona Bona-groep hou binnekort ‘n opwindende veiling. MJ Ernst vertel meer oor die Bona Bona Ultimate Angus produksie-veiling. Luister nou na hierdie onderhoud.

Van Rensburg’s vleis is ‘n huishoudelike naam in die George-omgewing in die Suid-Kaap. Lise Roberts het die eienaar, Jan van Rensburg, by die onlangse ALFA vee-ekspo raakgeloop en met hom gesels oor hulle besigheid en sy passie vir die verbruiker. Daar is ook saam met Richann Brὔssow, bemarker van die Inheemse Veldboktelersgenootskap by ALFA gekuier. Hy brei uit oor die unieke ras. Luister nou na hierdie onderhoude.

Die Agri SA-kongres skop op Donderdag, 10 Oktober af en Aloise Fullex van Agri SA verduidelik waarop hulle vanjaar fokus. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die program sluit af met die week se vleispryse. Chris Derksen is soos altyd aan die woord met die week se jongste vleispryse. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.