Die kwessie rondom grondonteiening sonder vergoeding, is tans ‘n groot bron van kommer in die landbousektor. Die verslag van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou het gemengde gevoelens in die bedryf ontlok, en heelwat rolspelers het al hul menings hieroor uitgespreek. Een van hierdie rolspelers, Wandile Sihlobo van Agbiz gesels in 15 Augustus 2019 se aflewering van Grootplaas hieroor. 

Een van die vier finaliste in vanjaar se Agri Gauteng Jongboerkompetisie, Theresa du Plessis Van der Mescht, kuier ook in die Grootplaas-ateljee.

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas