Een van die knelvrae rondom grondonteiening fokus op die dilemma van verbandbetalings. Hoe gemaak as ‘n grondeienaar se grond onteien word, maar daar nog ‘n uitstaande verband op hierdie grond is? Wie moet nou hiervoor opdok?

Met die sperdatum vir kommentare rondom die voorgestelde en veelbesproke wysiging van Artikel 25 van die Grondwet om die draai, het RSG Geldsake met Moneyweb onlangs met Pierre Venter van BASA, die Bankvereniging van Suid-Afrika, gesels. Venter is die bestuurder van BASA en hy meen dat hierdie glad nie ‘n eenvoudige aangeleentheid is nie. Ryk van Niekerk het met hom gesels.

Luister gerus hier na die insiggewende onderhoud: https://iono.fm/e/814495