Lot 16, LT1422 van Louis Trichardt van Eltricha Brahmane by Vaalwater is vir R110 000 aan JP Sakebelange van Mokopane verkoop.

Die eerste Brahman-produksieveiling van die Au Albidus-groep het op 17 November 2018 by Warmbad Veemark in Bela-Bela plaasgevind. Daar was groot belangstelling, met 100 mense wat geregistreer het om op die besonderse diere op aanbod te bie. Die diere wat aangebied is, was van hoë gehalte en telers het slegs op top-geselekteerde diere gefokus. Stoet én kommersiële diere is aangebied.

Die 19 wit stoet Brahmanbulle is vir ’n gemiddelde prys van van R41 737 verkoop, terwyl die nege rooi stoet Brahmanbulle vir gemiddeld R42 222 verkoop is.

Hoogste pryse

Lot 16, LT1422 van Louis Trichardt van Eltricha Brahmane by Vaalwater is vir R110 000 aan JP Sakebelange van Mokopane verkoop.

Lot 84, AJS 12334, ’n dragtige wit koei en kalf van Wilbar Brahmane van Mokopane, is vir R95 000 aan Louma-boerdery van Thabazimbi verkoop.

Die totale veilingsomset was R5 225 750 met meer as 200 diere wat onder die hamer gekom het. Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied met Stefan Greyling as afslaer. – Persverklaring