Trekkerverkope van 445 eenhede in Januarie is aansienlik meer (28%) as die 348 eenhede wat verlede Januarie verkoop is. Net soos in Januarie verlede jaar is vyf stropers is in Januarie hierdie jaar verkoop.

Read it in English

Die marksentiment bly positief. Goeie oeste oor die algemeen, goeie kommoditeitspryse en gunstige reënval in die meeste gebiede dra daartoe by. Daar is steeds heelwat veranderlikes wat someroeste kan beïnvloed, dus is daar ’n mate van omsigtigheid in die bedryf.  

Vooruitsigte lyk nietemin goed vir die kort- tot mediumtermyn. Aanvanklike ramings vir die 2021-kalenderjaar lyk bemoedigend, met verkope wat waarskynlik tot 10% hoër kan wees as in 2020. – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie