Daar is nie ‘n einde in sig wat die handelsoorlog tussen Amerika en China betref nie, en dit het, volgens kenners, ‘n groot invloed op die wêreldekonomie. Luan van der Walt van Graan SA gesels in 20 Augustus 2019 se aflewering van Grootplaas met ons oor die impak hiervan op die landboubedryf.

Daarna fokus Maretha Vermaak van Melk SA op die suiwelmatriks. Suiwel het ‘n unieke kombinasie van waardevolle voedingstowwe en is smaaklik, gerieflik en bekostigbaar. Daar is soveel maniere om suiwel te gebruik in vandag se gejaagde lewe, dat jy nie anders kan as om daagliks daarby te baat nie. 

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas