Die bul wat die hoogste prys behaal het, is vir R250 000 verkoop.

Martiens Aveling en Neels de Villiers het op Vrydag 18 Augustus 2018 hul uitstekende negende produksieveiling in die Ventersburg-distrik aangebied. Die aanbod het bestaan uit 35 uitstaande Bonsmara-bulle en 157 vroulike diere.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R250 000 (Koper: Bibbey Boerdery, Frankfort)
  • Gemiddelde prys kommersiële bulle: R44 200
  • Hoogste prys drie-in-een koei met kalf: R20 500 (Koper: Dis Lekker Farming)
  • Gemiddelde prys drie-in-een koeie: R18 166
  • Hoogste prys dragtige koei: R21 250 (Koper: Keeve-veeboerdery, Steynsrus)
  • Gemiddelde prys dragtige koeie: R20 650
  • Hoogste prys dragtige vers: R21 000 (Koper: Consult Construction, Klerksdorp)
  • Gemiddelde prys verse: R19 000

Aangebied deur: BKB Louwid Kroonstad

Afslaer: Mike Killassy