Die lente kruip nader en volgens Phillip Meiring, tegniese bestuurder by Voermol, is dit nou tyd om aandag te gee aan die regte lekaanvullings vir kleinvee op groenweiding. Woensdag se aflewering van RSG Landbou bring jou op hoogte hiervan. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Charolais Beestelersgenootskap is reeds ‘n paar jaar deur middel van die Plaas Landboujeugstigting by Hoërskool Stella betrokke. Vind meer uit oor hoe die projek vorder wanneer die president van die genootskap, Freddie Wasserfal, asook Julian Finscham van die skool wat die leerlinge bystaan met hulle landboustudies, meer uitbrei hieroor.

Die handelsoorlog tussen die VSA en China het ook ‘n impak op Suid-Afrikaanse landbou. Lise Roberts het by ‘n ekonoom van Graan SA, Luan van der Walt, meer hieroor gaan uitvind.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur #Voermol.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.