Hennie Coetzee, naaslinks, saam met die kopers van die duurste bul op sy onlangse Bonsmara-produksieveiling. Van links is Bertus Olivier, Hennie, JC Olivier en Marelie Scholtz.

Hennie Coetzee, eienaar van Hencoe Bonsmaras, het op 3 Oktober ’n baie geslaagde produksieveiling op sy plaas Lowerland in die Prieska-distrik aangebied.

Die gemiddelde prys van die 35 stoetbulle wat onder die hamer gekom het, was R49 120 en die duurste bul is vir R75 000 aan Bertus Olivier, JC Olivier en Marlie Scholtz van Pick-a-Dream Bonsmaras in die Keetmanshoop-distrik verkoop.

Die vroulike diere het ook uitstekende pryse behaal. Dragtige koeie is teen gemiddeld R16 500 verkoop en dragtige verse het ’n gemiddelde prys van R14 000 behaal. Koeie met kalwers is teen R10 000 verkoop en oop verse het gemiddeld R12 300 behaal.

Die veiling is deur GWK aangebied en die afslaer was Johan van der Nest. – Persverklaring

Die duurste bul op die produksieveiling van Hennie Coetzee van Prieska het R75 000 behaal en is aan Bertus Olivier, JC Olivier en Marelie Scholtz van Keetmanshoop verkoop.