In Woensdag se program van RSG Landbou is daar ‘n verskeidenheid van onderwerpe wat bespreek word. ‘n Navorsingspan onder leiding van dr Johnny van den Berg van die Noordwes-Universiteit, is deurlopend besig om ‘n oplossing te vind vir die herfskommandowurm. Dr Annemie Erasmus van die LNR Instituut vir Graangewasse op Potchefstroom, wat ook deel is van dié span, gesels op RSG Landbou oor die nuutste bevindings in hierdie verband. Dr Hanré Bredenkamp van Afrivet verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars wat die effek van die skielike somerhitte op ons vee is. En wat sê die wet in verband met besoeke aan grafte op plase? ‘n Prokureur, Hans-Jurie Moolman, verduidelik wat boere te doen staan as hulle dié versoek sou kry.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Afrivet.