Ons het lekker reën ontvang die afgelope week, en alhoewel dit verligting gebring het in groot dele van die land wat onder ‘n droogte gebuk gegaan het, is alle probleme nie hierdeur opgelos nie. Die verreikende gevolge van die droogte in die Wes-Kaap, gaan die landboubedryf in dié provinsie nog lank teister. Afgesien van die skade aan boorde en uiteindelik winste, het duisende werksgeleenthede ook in die slag gebly. Hortgro het op plase gaan kuier wat deur die droogte geraak is, om die omvang hiervan te bepaal en uit te vind hoe daar weer lewe in die Wes-Kaapse landboubedryf geblaas kan word. Kyk op 13 Desember 2019 se aflewering van Grootplaas na ‘n paar insetsels hieroor.

Inhoudsborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: Swavet

Weerborg: Laeveld Agrochem

Markteborg: TAL-TEC

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas