Hierdie ram is vir die hoogste prys van R30 000 verkoop. Agter van links is Eduard Prinsloo, verkoper, Danie de Wet, skaap- en wolbeampte by BKB, Eddie Prinsloo, verkoper, Fred Bibbey, koper, Noekie de Jager en Jan Mostert, afslaer. Voor is Jaco Zaaiman, skaap- en wolbeampte by CMW, en Pampoe Mona, hanteerder.

Eddie en Eduard Prinsloo van Heuningkrans Merino’s het op 8 Maart 2019 hul produksieveiling in Frankfort gehou. Die dag het vlot verloop, met 100% verkope en goeie gemiddelde pryse.

Veilingsuitslae

  • Gemiddelde prys ramme: R8 525
  • Hoogste prys ram: R30 000 (Koper: Fred Bibbey, Frankfort)

Aangebied deur: BKB Louwid

Afslaer: Jan Mostert