Hinterland

Hinterland as ‘n besigheidseenheid het gedurende die afgelope finansiële jaar verskeie interne optimaliseringsprosesse ondergaan. Een van die opwindende inisiatiewe het ten doel om die waarde en sinergie van ‘n geïntegreerde verskaffingskettingstrategie en prosesse van Hinterland se verkope en groothandelbesigheid te ontsluit.

Om die vestiging van ‘n geïntegreerde verskaffingskettingproses te fasiliteer, het die aandeelhouers besluit om die Hinterland- en Prodist-maatskappye op 1 Desember 2018 saam te smelt. Dit is ‘n baie belangrike stap vir beide die maatskappye en behoort verskeie voordele op verskillende vlakke te ontsluit. Die samesmelting van die besighede sal onder ‘n nuwe entiteit bekend as Hinterland SA (Edms) Bpk sake doen.

Die geïntegreerde benadering tot verskaffingsbestuur sal nuwe en opwindende moontlikhede bied wat ‘n verenigde produkstrategie insluit, wat ondersteun word deur beter beplanning en verbeterde besluite rakende bestellingshoeveelhede, meer beheer oor die beweging van voorraad, geleenthede vir beter marges en beskikbaarheid sowel as toegang tot ‘n wyer verskeidenheid produkte. – Persverklaring

Vir meer inligting, besoek www.hinterland.co.za of besoek Hinterland op Facebook of Twitter.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here