’n Immigrant-ingenieur, Arthur Collins, het, nadat hy hom in Suid-Afrika gevestig het, op die Royal-skou in 1928 die eerste Hippo-hamermeul bekendgestel.

Hy het die meul Hubert genoem na die seekoei wat roem verwerf het deur van Natal deur die Oos-Kaap te swerf en in die proses boere se mielies opgevreet en oral spore gelaat het. Hubert is tot kroonwild verklaar, maar is desondanks in 1932 geskiet. Die skuldiges is elk sowat 25 pond beboet en het die wrewel van die bevolking ervaar.

Hippo-meulens het Hubert se nalatenskap voorgesit en verorber steeds boere se mielies asook baie ander produkte, landbou sowel as industrieel.

Die legende leef voort

Hippo-meulens behou en vergroot sy markaandeel teen goedkoop laegehalte-meulens uit die Ooste, Brasilië en ander lande, bloot omdat ’n Hippo ’n Hippo bly met sy kenmerkende gietyster, aanmekaar-geboute (eerder as gesweiste) slyt-onderdele, stofbeheer, meganies beheerde produkinvoer, ens.  Die “meule vir ’n leeftyd” het boonop ’n driejaar-waarborg.

ABC Hansen is die vervaardiger van Hippo-meulens en beoog om op vanjaar se Royal-skou ’n spesiale 90-jarige herdenking te hou. Almal wat Hippo-meulens het of gehad het, word versoek om die webtuiste www.hippomills.co.za te besoek en hul unieke Hippo-ervarings deel – veral hoe ’n Hippo-meule hulle, of diegene na aan hulle, se lewens verander het of bloot hoe ’n Hippo-meule in hulle daaglikse swoeg en sweet deel.

Die finaliste sal deur ABC Hansen op die maatskappy se koste op 26 Mei na Pietermaritzburg gebring word vir ’n geselligheid en oorhandiging van ’n Hippo-meule aan die instansie of gemeenskap wat die wenner kies.

Klik hier om jou bydrae te lewer.

Meer oor ABC Hansen, Hippo Mills en die kompetisie:

Meer oor Hubert The Hippo:

Pret met ‘n Hippo-hamermeul:

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here