Dit is algemeen vir die gasvryheidsbedryf om navraag te doen of daar enige spesiale dieetvereistes onder ’n groep gaste is. Oorgangskoeie op melkplase val in dié kategorie. Hoewel ondersteunende data ontbreek, dui praktiese waarneming daarop dat baie melkboere in Suid-Afrika nie vir hierdie koeie se spesiale dieetvereistes voorsiening maak nie. Dr Pieter Henning, tegniese bestuurder by herkouers van Meadow Feeds, verduidelik op RSG Landbou meer oor hoe en waarom daar spesiale voorsiening gemaak moet word vir hierdie koeie. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur FNB.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.