Die 501 trekkers wat in Mei verkoop is, is marginaal (vier) meer as die 497 wat in Mei verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver (die eerste vyf maande) is sowat 11% meer trekkers verkoop as in die vorige ooreenstemmende tydperk. In Mei is 16 stropers verkoop, wat agt minder is as die 24 wat verlede Mei verkoop is. Tot dusver is vanjaar sowat 11% minder stropers verkoop as in die vorige ooreenstemmende tydperk.

Die volgehoue hoë vlak van trekkerverkope dui daarop dat sentiment in die mark goed bly. Pryse vir toerusting het die afgelope paar maande redelik stabiel gebly, ondanks die wisselvallige waarde van die rand. Dié faktore dra tot ’n volgehoue kopersmark by. Die stroop van die mielie-oes het nou volstoom begin, maar die seisoen is effens later as gewoonlik.

Met die hoër vlakke van trekkerverkope oor die afgelope maande is ramings in die bedryf dat tussen 6 500 en 6 750 trekkers vanjaar verkoop sal word, wat marginaal meer is as in 2017. – SAAMA