Die Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer, gesels in Donderdag se program van RSG Landbou oor ‘n onlangse vergadering met die premier van dié provinsie, Alan Winde. Hy fokus op die uitdagings en suksesse van landbou. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Noord-Kaap gaan gebuk onder die ergste droogte nóg. Wilhelm Steenkamp van die Williston-omgewing, vertel van ‘n projek op 30 Augustus waartydens boere noodskenkings ontvang. Luister nou na hierdie onderhoud.

Wiaan van der Linde van Wintershoek brei uit oor hulle veiling en opleidingsdag wat eersdaags plaasvind. Luister nou na hierdie onderhoud.

Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur #Voermol

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.