Die feit dat Suid-Afrika sogenaamde oop grense het, kan daartoe lei dat peste en plae die land maklik binnekom. In RSG Landbou van Dinsdag praat Lise Roberts met Jan-Hendrik Venter van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye oor dié probleem. Hy praat ook onder andere oor biosekuriteitsmaatreëls wat dit kan aanspreek. Luister nou na dié onderhoud.

Dan volg daar ‘n interessante bydrae met Theresa Franken van Rosemary Hill oor die waarde van laventel. Luister nou na dié onderhoud.

Wat presies behels ‘n besoldigingsbevel. Donald Fisher van VDT Prokureurs verduidelik meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met inligting oor ‘n opwindende veiling en ‘n lekker boeredag! Jan Boshoff, van Boshoff Bonsmaras gesels hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.