Die toenemende plaaslike en internasionale vraag na diereprodukte en geleenthede om diereprodukte uit te voer, het talle lande en veebedrywe aangemoedig om in die ontwikkeling van naspeurbaarheidstelsels te belê. Naspeurbaarheid in diereproduksie is belangrik vir die landbou as ’n geheel. Suid-Afrika het nie agterweë gebly nie en ‘n konsepdokument is onlangs bekendgemaak, sodat vee beter geïdentifiseer en nagespeur kan word. In RSG Landbou gesels Lise Roberts met dr Pieter Vervoort van die Dieregesondheidsforum, oor die redes waarom naspeurbaarheid so belangrik is. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here