Die hersiene oppervlak- en derde produksieskatting vir somergewasse vir die 2018-produksieseisoen is pas deur die Nasionale Oesskattingskomitee vrygestel.

Read it in English.

Kommersiële mielies

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 12 827 miljoen ton gestel, wat 3,27% of 406 310 ton meer is as die vorige skatting van 12 420 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,319 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 5,53 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 24% kleiner as die 2017-oes, wat die grootste oes nog ooit was (16,820 miljoen ton). Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 82% van die 2018-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,268 miljoen hektaar en vir geelmielies is die oppervlak 1,051 miljoen hektaar. Die produksieskatting van witmielies is 6,630 miljoen ton, wat 4,19% of 266 560 ton meer is as die 6,363 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 5,23 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,197 miljoen ton, wat 2,31% of 139 750 ton meer is as die 6,057 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 5,90 t/ha.

Die opbrengs-bepaling per hektaar vir die Mpumalanga provinsie is gebaseer op wetenskaplike en objektiewe resultate verstrek deur die LNR. Neem kennis dat die objektiewe resultate vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2018 gerapporteer sal word.

Sonneblomsaad

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 792 255 ton, wat 5,75% of 43 050 ton meer is as die 749 205 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 601 500 hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 1,32 t/ha is.

Ander gewasse

Die produksieskatting van sojabone is 1,430 miljoen ton, wat 2,55% of 35 500 ton meer is as die 1,395 miljoen ton van die vorige skatting. Dit is die grootste sojaboon-oes nog geproduseer in die geskiedenis van Suid-Afrika. Die geskatte oppervlakte onder sojabone is 787 200 hektaar en die verwagte opbrengs is 1,82 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 80 600 ton. Die oppervlakteskatting is 56 300 hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 1,43 t/ha is. Die produksieskatting van sorghum is ook onveranderd gelaat op 84 750 ton, terwyl die oppervlakteskatting vir sorghum 28 800 hektaar is. Die verwagte opbrengs is 2,94 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting 65 610 ton, wat 3,81% of 2 600 ton minder is as die 68 210 ton van die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met droëbone is 53 360 ha, en die verwagte opbrengs is 1,23 t/ha. – Persverklaring

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here