Die boodskap wat Instagram-gebruikers sal ontvang.

Deur tegnologie te gebruik wat ontwikkel is vir die bekamping van selfdood en selfmishandeling, gaan Instagram nou gebruikers in kennis stel van gedrag wat wildlewe en diere skade kan aandoen.

Die neem van “selfies” saam met wilde diere en soortgelyke gedrag neem toe, met Instagram en ander sosiale media-platforms wat baie gewild is vir die plaas van sulke foto’s. Volgens kundiges is ’n ongesiene nadeel hiervan dikwels dat die betrokke diere skade ly of onder stres geplaas word.

“Oulike” foto’s word van of saam met wilde diere geneem en saam met ’n groot verskeidenheid wildlewe-hutsmerke gedeel. Die gebruik van en soek na sulke hutsmerke sal nou ’n kennisgewing loslaat wat gebruikers se aandag op dieremishandeling vestig wat dikwels agter die skerms plaasvind en grootskaalse bewusmaking oor die saak in aksie sit.

Lees meer hier

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here