Danie Bruwer en sy seun, Danie junior, is tydens ALFA 2018 in Parys as die heel eerste Zoetis Intensiewe Skaapboer van die Jaar aangewys. Die Bruwers boer op die plaas, Makwera, in die Paul Roux-distrik, waar hulle die Makwera Dohne Merino-stoet en ’n kommersiële kudde bedryf. Danie senior vertel vir Hennie Maas van RSG Landbou dat hulle eintlik ’n versnelde semi-intensiewe lamstelsel bedryf, asook meer oor die korporatiewe sakebeginsels wat hy toepas in die bestuur van sy boerdery. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur SOILL.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here