Danie Bruwer senior en sy seun, ook Danie, van die Makwera Dohne Merinostoet by Paul Roux in die Vrystaat is tydens ALFA 2018 in Parys as die heel eerste Zoetis intensiewe skaapboer van die jaar aangewys.

Die Zoetis Veeplaas intensiewe skaapboer van die jaar-kompetisie gaan voort in 2019 en beoog om erkenning te gee aan boere wat intensief of semi-intensief met skape boer. Groot pryse is op die spel, met Zoetis-produkte en Plaas Media-blootstelling ter waarde van R100 000.

Wil jy graag in die Bruwers se spore volg? Skryf dan nou in vir dié kompetisie. Om in te skryf, stuur ’n epos aan dr Frikkie Maré by MareFA@ufs.ac.za of David Human by David.human@zoetis.com om ’n inskrywingsvorm aan te vra. Die inskrywings open op 1 Maart en sluit op 30 Junie 2019.

Die wenner sal by die ALFA 2019-dinee op 19 September 2019 bekendgemaak word. Dié dinee is die hoogtepunt van ALFA 2019, wat van 17 tot 19 September plaasvind.

Die kompetisie word, buiten deur Zoetis en Veeplaas, ook deur die Universiteit van die Vrystaat, die Mamre-inisiatief en Plaas Media ondersteun. Deelnemers moet bereid wees om die beoordelaars einde Julie en in Augustus op hulle plase te ontvang. Die wenner moet ook beskikbaar wees vir media-onderhoude.

Hou dié spasie dop vir meer inligting oor die kompetisie en die beoordelingskriteria.

Vir meer inligting, skakel 084 446 6787. Volg ook nuus oor die kompetisie op sosiale media by #ZoetisIntensieweSkaapboer.