Grootplaas skop 24 Oktober 2019 se program af met ‘n interessante insetsel van Hortgro oor appelkultivars. Daarna kuier Omri van Zyl van Agri SA in die ateljee. Hy gesels oor die impak wat die vierde industriële rewolusie op die landbousektor gaan hê, en hoe die bedryf daarvoor kan voorberei. Omri vertel ons ook meer oor die afgelope Agri SA-kongres.

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas