Hierdie ram is vir die hoogste prys van R28 000 verkoop. Agter van links is dr Vos Grey en sy seun, Jan Grey, van Janvos Landgoed saam met Nico Langeveldt, afslaer. Theuns Botha, wolbeampte by BKB Van Wyk, hanteer die ram. Die koper, Koos Jordaan van die Amersfoort-distrik, was nie teenwoordig nie.

Janvos Landgoed in die Davel-distrik het op 5 Maart 2019 hul 27ste produksieveiling gehou. Altesaam 34 geregistreerde ramme is op die veiling verkoop.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys ram: R28 000
  • Gemiddelde prys ramme: R14 441
  • Hoogste prys ooi: R6 500
  • Gemiddelde prys ooie: R3 876
  • Gemiddelde prys kommersiële ooie (tweeling): R3 416
  • Gemiddelde prys kommersiële ooie (eenling): R2 925

Aangebied deur: BKB Van Wyk

Afslaer: Nico Langeveldt