Is jy ’n doelskopper van formaat wat vertroue in jouself het dat jy kan uithaal en wys wanneer jy ’n bal deur die pale moet skop? Dan is hierdie kompetisie net die plek om jou skopvaardighede ten toon te stel. En jy kan boonop groot kontantpryse wen!

Op Saterdag, 1 Junie, sal ’n opwindende rugbydoelskopkompetisie vir seuns en dogters tussen die ouderdom van 8 en 19 jaar aangebied word deur Beeswinkel, in samewerking met die Harlequin Jeugrugbyklub en Rocketfoot Kicking Academy in Pretoria.

Deelnemers sal in vyf ouderdomsgroepkategorieë teen mekaar meeding om as Skopkoning in die tegniese en afstandskoppe van ’n rugbybal aangewys te word.

‘n Program met skop!

Die kompetisie begin om 09:00 vir die eerste junior groep (o.9 tot o.11) en die finale senior groep (o.18 tot o.20) sal so teen 17:00 klaar wees. ’n Maksimum van 200 inskrywings of 40 per ouderdomsgroep sal toegelaat word. Inskrywings sluit op Donderdag 30 Mei. Geen inskrywings sal toegelaat word op die dag van die kompetisie nie.

Skopkoning sal gehou word by die Harlequin Rugbyklub in Pretoria. Andrew Berry, voorsitter van Harlequin Jeugrugby, sê dit is ’n kompetisie vir enige amateurrugbyspeler wat lus is vir die uitdaging is en glo dat hy of sy Skopkoning sal wees in enige van die tegniese of afstandskop-kategorieë in die vyf verskillende ouderdomsgroepe.

Gewildheid van doelskopkompetisies

Die kompetisie word beplan as ’n dag vol pret, waar nie net ‘n liefde vir rugby geniet sal word nie. Daar sal ook ’n speletjiesarea wees vir jongmense. Een van die doelwitte van die dag is om jeugklubrugby in die kollig te plaas, asook die geleenthede wat Harlequin Youth Rugby aan jong amateur rugbyspelers bied.

Volgens Wihan van der Riet, direkteur van die Rocketfoot Kicking Academy wat in 2015 met die San Diego Chargers geoefen het en verskeie NFL Pro-kampe regoor Amerika bygewoon het, word hierdie soort doelskopkompetisies gereeld in Amerika gehou.

In die VSA word doelskoppe beskou as ’n sport in eie reg waaraan daar volgens ouderdomsgroepe deelgeneem kan word.

Die 46-jarige Adam Vinatitri is tans die oudste gekontrakteerde plekskopper vir die Indianapolis Colts en sy kontrak is pas vir nog drie jaar hernu.

Landswye uitbreiding

Van der Riet het gesê die organiseerders van die kompetisie – Beeswinkel, Harlequin Youth Rugby en Rocketfoot Kicking Academy – beplan om die kompetisie in die toekoms landswyd uit te brei.

Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel en hoofborg van die geleentheid, het gesê Beeswinkel se motivering om betrokke te raak, is gegrond op die noue verbintenis ​​tussen rugby en braai. Hierdie aktiwiteite is deel van ons nasionale Suid-Afrikaanse kultuur. Hy beklemtoon ook die feit dat ons jeug soveel as moontlik geleenthede gebied moet word om hul vaardighede en vermoëns te ontwikkel.

Wie weet, die volgende Suid-Afrikaanse ster in die NFL- of Suid-Afrikaanse rugbyunie-franchises, kan sy/haar hupstoot van hierdie Skopkoning-inisiatief gekry het.

Bevordering van vleisverbruik

“Beeswinkel het in Januarie die baie suksesvolle ‘Braai vir die Boere-veldtog’ begin. Dit is gevolg deur die ‘Lamb Price Drive’ met Jakaranda FM. Hierdie veldtog gaan steeds voort deur die gebruik van bees en lam vir beide ons boere en voerkraalkliënte. Ons sal dit op enige moontlike manier bevorder,” het Van Heerden gesê.

Die organiseerders hoop dat alle belowende jong spelers betrokke sal raak by hierdie skopgeleentheid. Afgesien van die toekennings en kontantpryse vir die doelskopkategorieë wat wissel van R1 000 tot R3 000, kry die gemeenskap ook die geleentheid om ’n genotvolle dag te geniet waar ons jeug se talent ten toon gestel gaan word. – Persverklaring

Die inskrywingsvorm is beskikbaar op www.skopkoning.com

Vir enige navrae, kontak Andrew Berry by 081 477 1656, Wihan van der Riet by 060 894 8501/0670697734 of Petrus van Heerden by 083 231 0528.