Die Bloemskou vind vanjaar van 27 April tot 7 Mei plaas en ’n fees van aktiwiteite word beplan. Een van die hoogtepunte is die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie, in samewerking met die landboutydskrifte Veeplaas en Stockfarm. Die sentrale streeksrondte van die afslaerskompetisie word op 1 Mei 2017 in die Clover-teater by die Bloemskou gehou.

 Verskeie streekrondtes word landwyd gehou, waaronder die sentrale streeksrondte by die Bloemskou. Die wenners van die onderskeie streekrondtes neem dan aan die nasionale kompetisie by die Nampo-oesdag deel. Die doel van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is om jong talent te identifiseer en aan hulle blootstelling in die bedryf te gee.

Vir meer inligting, skakel Albert Loubser by 012 664 4793 of stuur ’n epos aan albert@veeplaas.co.za. – Persverklaring

Lees hier meer oor die kompetisie.

Bloemskou se suiwelkompetisie beloof opwinding

Nuut by Bloemskou in 2017

Bloemskou beloof om ‘n landboufees te wees

Bloemskou-kalender vir vee-kampioenskappe

Kyk uit vir Bloemskou skeerdemonstrasies