Die Landbounavorsingsraad het die afgelope ruk al hoe minder geld vir navorsing uit die bedryf ontvang, terwyl heelwat meer geld aan navorsing deur privaatinstellings en universiteite bestee is. Die raad ontvang slegs ’n beraamde 8% van navorsingsbesteding van die bedryf, wat ’n taamlike ommeswaai is vir dié eens dominante instelling. Jolanda Andrag van Agri SA gesels in 6 Mei 2019 se aflewering van Grootplaas met ons hieroor. Daarna kuier een van Agri Noordwes se Jongboer van die Jaar-finaliste, Pieter Ernst, by ons in die ateljee.

Weerborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: BASF

Kalenderborg: SWAVET

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas