“Jongboere moet ophou Google oor moontlike geleenthede wat daar in die buiteland is. Google eerder oor watter geleenthede daar in Suid-Afrika is.” Só sê Herman Janse van Rensburg, Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar vir 2019. Dink positief en hê hoop. Hoop is baie belangrik. Want as jy nie hoop het nie, is daar nie lewe nie.” Lise Roberts van RSG Landbou praat met die raakvatter van Arlington wat onlangs aangewys is as die Vrystaatse jongboer van die jaar. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.